VAN SKOOLKYS TOT DIE KANSEL
’NMENS sou maklik kon dink die rugbyspeler staan met sy rysige gestalte van 1,89 m in die aantrekkamer voor ’n belangrike wedstryd toe hy aankondig: “Come on, guys, put on your kit.”
Maar vandag praat Malcolm Marx nie met sy spanmaats voor ’n kragmeting van die Springbokke, die Lions of die Kubota Spears, vir wie hy deesdae in Japan speel, nie; hy praat met sy vier strooijonkers.
Die dag het eindelik aangebreek waarop hy en sy verloofde, dr. Kirsten Grant, tussen wingerde op die prentjiemooi MolenVliet-wynplaas tussen Stellenbosch en Franschhoek trou aan mekaar beloof.
“Ek sien die meeste daarna uit om haar in die paadjie te sien afstap,” het Malcolm (27) ’n paar dae tevore vertel oor sy bruid op wie hy al in sy skooldae sy hart verloor het.
En Kirsten? “Ek kan nie wag om te sien wat sy reaksie gaan wees wanneer hy my rok sien nie,” het sy toe gesê.
Op Saterdag 11 Desember was die lang wag verby. Nie
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days