DIE BULLE VAN BAKLYKRAAL
Waar Donald, my gids en spoorsnyer, sy voete optel, sit ek myne in die voetpad neer. Die ruitpatroon van sy stewelspoor, wat ek al uit my kop ken, word byna dadelik deur my velskoenspoor uitgewis. My vellies is teen dié tyd rooi gekleur van die stof, maar die bulle van Baklykraal bly nog buite sig. Ek kyk waar ek my voete neersit, want geen takkie mag kraak of klippie mag onder my voete knars nie. Twee treë in Donald se voetspore, dan vinnig opkyk en die digte haak-ensteek-bos rondom my bespied. Dan weer twee treë in sy voetspore, opkyk, rondkyk, wydkyk.
Daar is geen luggie wat trek nie. Net soms styg ’n effense stofwolkie op waar ek my voete neersit, wat weer vinnig grond toe dwarrel. ’n Sweetdruppel gly stadig langs my regterwang af en vat kortpad deur my drie dae oue stoppelbaard. Die son staan stil oor die digte Alldays-bosveld
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days