SA Hunter/Jagter

Vlaktejag

Vir ’n jagter wat gewoond is aan bosveldjag, lyk vlaktejag soms na ’n reuse-uitdaging. Met die regte voorbereiding, toerusting en benadering is dit egter glad nie so moeilik as wat baie mense glo nie.

VOORBEREIDING

Ek kan nie die belangrikheid van voorbereiding, veral toepaslike oefening met jou toerusting, genoeg beklemtoon nie.

Nadat jou geweer ingestel is (200 meter is ’n goeie afstand), beweeg weg van die skiettafel en oefen vanaf die rus wat jy in die veld gaan gebruik. Oefen uit verskillende posisies met jou skietstokke en/of tweepootrus.

Hoe vinniger jy ’n akkurate skoot kan afvuur, hoe beter gaan jou kanse wees om vleis huis toe te bring. Oefen dus teen tyd. Een van die grootste redes waarom jagters sukkel, is dat hulle te lank neem om te skiet. Maak ’n gewoonte daarvan om onmiddellik te herlaai nadat jy geskiet het en dadelik weer op teiken te kom.

Toets jou jagammunisie tot op die maksimum afstand wat jy beplan om te jag.

Raak vertroud met jou skietstokke of tweepootrus en leer om hulle so vinnig en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter7 min read
DIE 6mm CREEDMOOR IN DIE JAGVELD
My eerste ondervinding met ’n 6mm-kalibergeweer in die jagveld was ongeveer 30 jaar gelede. Ek en my vrou was onderweg na ons huis in Mosselbaai ná ’n besoek aan ’n taksidermis in Tarkastad. Op pad terug deur die pragtige Baviaansriviervallei het ons
SA Hunter/Jagter8 min read
Die Windbuks As Leermeester
In die gejaagde, moderne era waarin ons vandag lewe, is daar dikwels nie tyd vir die outydse nie, en, wil ’n mens sommer byvoeg, die regte manier van dinge doen nie. Om ’n holruggeryde cliché te gebruik, ons leef in ’n kits-era. Van kitskoffie, kitsp
SA Hunter/Jagter2 min readForeign Language Studies
’n Gids Tot Nalatenskap En Boedelbeplanning Vir Die Jagter
Die artikel is voorsien deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente as trotse borg van ons Nasionale Presidentskietkompetisie in samewerking met die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging. By Eksekuteurs vir Boedels en Testamente waardeer ons die bel

Related Books & Audiobooks