SA Hunter/Jagter

VLAKTEJAG –SÓ DOEN JY DIT

Vir die bosveldjagter kan vlaktejag nogal na ’n moeilike storie lyk. “Dis wanneer jy verder moet skiet as wat die gemiddelde mens kan sien en wanneer net die modernste gewere, teleskope en ander toerusting jou ’n kans op sukses bied”. So sou jy kon aflei indien jy aandag gee aan die gesprekke in wapenwinkels, op forums en rondom die braaivleisvure waar “deskundiges” lief is om raad uit te deel. In werklikheid is vlaktejag glad nie so ingewikkeld nie.

TOERUSTING

Kom ons begin by gewere en kalibers. Vir die doel van hierdie artikel gaan ek 300m as die maksimum skietafstand beskou en aanvaar dat hart/longskote geneem sal word. Ek is volkome bewus daarvan dat sommige jagters op dubbel die afstand, of selfs drie maal hierdie afstand, na wild skiet. Langafstandjag is egter ’n heel ander, gespesialiseerde vorm van jag. Kopskote op langer afstande vereis ook ’n stabiele rus, goeie toerusting en bogemiddelde skietvernuf.

’n Vlaktejaggeweer moet meer akkuraat wees as ’n bosveldgeweer maar benchrest-akkuraatheid is nie ’n vereiste nie. Enige geweer wat sy skote binne 1MOA kan groepeer op 300m (±75mm op 300) is akkuraat genoeg vir jag tot op daardie afstand. Hou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter3 min read
Buck - Messe Die Jagter Se Vriend Vir Meer As ’n Eeu
Buck-messe is alombekend vir hulle kwaliteit en vermoë om skerp te bly ondanks gereelde gebruik. Die Buck-storie begin in 1902 in die Amerikaanse deelstaat Kansas toe ’n grofsmid genaamd Hoyt Buck begin eksperimenteer het met messe wat hy self van ou
SA Hunter/Jagter1 min read
Bokspog
GEBORG DEUR: Stevenson Hamilton Die wenner van hierdie maand se Bokspog, Ettiene Erasmus, wen ’n produk beskikbaar op Stevenson Hamilton se webtuiste www.stevenson-hamilton.co.za ter waarde van R1 000. Baie geluk, Ettiene! Om jou prys te eis, stu
SA Hunter/Jagter5 min read
Die Kwêvoël
Ek lê aan vir die trefskoot. My vinger span om die sneller en my asem word ’n fluistering in die Bosveld se stilte. My oë is skerp gefokus, maar voor ek kan vuur, word die rustige atmosfeer deur ’n skie-like skreeu verbreek: “Kwê!” Die koedoe verstar

Related Books & Audiobooks