Weg!

Ek en my kar

Toyota Hilux

Ons het in 2019 begin beplan aan ’n jaar lange reis deur Afrika en toe Hamba, die Hilux, aangeskaf. Dis ’n 2012 D4D 3.0 DC-model en het 130 000 km op die klok gehad.

Die bakkie was reeds met ’n paar dinge toegerus, soos geligte vering en ’n bosbreker, maar ons het nog veranderinge aangebring: RSI Smartcap het vir ons ’n kappie opgesit en 4x4 Megaworld (ons is ambassadeurs vir dié handelsmerk) het gesorg vir ’n wenas, beter vering, ingeboude laaie, ’n sleeptou, sandlere en onderstelbeskerming.

’n Hilux beskik oor goeie vermoëns wanneer jy ’n lang reis aanpak wat oor verskillende terreine strek. Sommige dae ry ons soggens 100 km/h op ’n teerpad net om later die dag op ’n taai veldpad teen 10 km/h aan te kruie.

Op só ’n lang reis leef ’n mens in jou voertuig (en die Echo 3-sleepwa van Echo 4x4). Die Hilux is ’n puik platform waarop jy enigiets wat jy op die langpad nodig mag kry, kan byvoeg, soos ’n dubbele batterystelsel, yskaste, laaie, dakrakke en dies meer.

Ons het Suid-Afrika in Desember 2020 verlaat en al sowat 22 000 km deur Mosambiek, Zambië, Uganda en Kenia gery. Ons het al 23 nasionale parke besoek en verken tans Tanzanië.

Die Hilux verskaf ons baie rygenot. Ons was in die reënseisoen in die Suid-Luangwa- nasionale park in Zambië. Sonder ’n betroubare 4x4 sou ons dikwels vasgesit het. Die roete na die afgeleë Turkanameer in Kenia was ook ’n avontuur – die paaie is in ’n haglike toestand en ons moes ten volle selfonderhoudend wees ingeval ons teëspoed kry.

Teen hierdie tyd is Hamba ’n volwaardige lid van ons gesin. Ons beplan om nog die kus van Tanzanië te besoek, sowel as Sentraal- en Wes-Zambië, Malawi en Namibië. Ons behoort teen Januarie 2022 terug in Suid-Afrika te wees.

DEVLIN, KATIE, SOPHIA (10) EN JOSH (9) FOGG

Tuisdorp Howick Beroepe Eienaar van Yonda Bicycle

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related