SA Hunter/Jagter

LOOP-EN-BEKRUIP MET ‘N BOOG

Die meeste boogjagters jag vanuit ’n skuiling en hoewel daar niks mee skort nie, kom daar tog ’n dag wat ’n jagter die skuiling moet verlaat en die uitdaging aanvaar om ’n bok te voet plat te trek. Dít is die hoogtepunt van enige jagervaring.

Om ’n bok te bekruip en met ’n boog te skiet is gewis nie maklik nie, maar vir die jagter wat dit regkry, is dit ’n wonderlike ervaring. Die groot uitdaging is by verre om naby genoeg aan ’n teikendier te kom om dit oor ’n relatiewe kort afstand met ’n pyl te kan tref.

FAKTORE VIR SUKSES

Dit is so dat sommige boogjagters die bokke oor afstande van 65 tree en verder kan skiet. Die meeste gemiddelde boogskuts soos ek moet egter heelwat nader aan die bok kom, veral indien ’n mens met ’n houtboog jag. Om só naby aan ’n bok te kom moet die boogjagter uiters versigtig wees, baie vernuf aan die dag lê en ook heelwat geluk hê. Wees maar vooraf gewaarsku – die meeste loop-en-bekruip-pogings is onsuksesvol. Moenie ’n skoot waag verder as wat jy seker is jy akkuraat kan skiet net omdat jy opgewonde is, hard gewerk het om naby die bok te kom en nou bang is hy gaan weghardloop nie. ’n Leeutrop is meestal net een uit tien kere suksesvol. Kom ons leer deursettingsvermoë by die leeus; hulle is bo-aan die voedselketting.

Ek is gewis nie die beste loopen-bekruiper in die land nie en die meeste van my pogings misluk klaaglik. Ek het wel gaan kers opsteek by jagters wat hierdie tegniek al goed bemeester het, soos Nicky Niehaus, Henk du Plessis en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter7 min read
DIE 6mm CREEDMOOR IN DIE JAGVELD
My eerste ondervinding met ’n 6mm-kalibergeweer in die jagveld was ongeveer 30 jaar gelede. Ek en my vrou was onderweg na ons huis in Mosselbaai ná ’n besoek aan ’n taksidermis in Tarkastad. Op pad terug deur die pragtige Baviaansriviervallei het ons
SA Hunter/Jagter8 min read
Afrika Se Superkampioen
“I experienced two very different emotions at the same time: extreme fright, and the utmost respect. As I lay there and looked up at the buffalo, I had nothing but admiration for it, even though it was trying to kill me. For the briefest moment, the
SA Hunter/Jagter4 min read
Snelvuur
Just recently, the IUCN (International Union for Conservation of Nature) downlisted the scimitar-horned oryx (Oryx dammah) from Extinct in the wild to Endangered. Thanks to the work done by the Environment Agency of Abu Dhabi, the scimitar-horned ory

Related Books & Audiobooks