Landbouweekblad

Covid-19 gee lemoene weer kans in die kollig

Dink aan vitamien C, en die prentjie van ’n lemoen kom onwillekeurig in jou geestesoog op. Deur die jare het dié sitrusvrug die rolmodel geraak om verkoues weg te jaag en mense se immuunstelsel ’n hupstoot te gee.

“Suid-Afrikaners sal nie sommer die skyfies lemoene vergeet wat tydens halftyd met skolesportwedstryde uitgedeel is nie. Lemoene is nog altyd beskou as dié bron van energie en gesondheid,” vertel me. Lianne Jones, bestuurder van PMA in Suid-Afrika.

Tydens die wêreldwye covid-19-pandemie het lemoene, wat eintlik die afgelope jare moes terugstaan vir spoggeriger sagtesitrus, weer eens op die voorgrond getree en verbruikers se voorkeurkeuse geraak om vitamien C op die natuurlike manier te kry.

Oor die algemeen het sitrusvrugte uitstekend gevaar sedert die eerste inperkings weens die koronaviruspandemie ingestel is.

Mnr. Joe Shaw Roberts, direkteur van verbruikersinsigte by Kantar, ’n wêreldbekende data- en konsultasiemaatskappy, sê sitrus het markaandeel weggevreet by alle ander vrugtipes. “Steenvrugte, piesangs, bessies en druiwe het almal verloor teen sitrus.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related