Huisgenoot

HARE WAAI IN POTCH

SY HET met haar hande in die hare gesit oor haar dogter wat kla dat sy by haar laerskool geboelie en uitgetart word – en dít deur haar ekskêrel se nuwe meisie.

Toe besluit ’n ma van Potchefstroom in Noordwes om in te gryp, maar op ’n manier wat die tonge op dié rustige studentedorp los het, op ’n tranedal in die plaaslike polisiekantoor uitgeloop het en moontlik nog in die hof gaan draai.

Midde-in die storm is drie ontstelde 13-jariges en hul befoeterde ouers, ’n liefdesdriehoek, ’n swetterjoel briewe met lasterlike bewerings, beskuldigings oor afknouery en ’n verdagte pakkie.

Dit alles het op Donderdagoggend 10 Junie begin toe die ma, Michelle*, ’n klomp briewe deur die heining van ’n plaaslike laerskool gooi.

“Vir ’n lekkerrr

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related