SARIE

Sê altyd ja!

Nou gaan jy wraggies te ver, Joan! Dié woorde (en variasies daarvan) het Joan Louwrens al dikwels vir haarself gesê wanneer sy nogmaals op pad is, iewers na die uithoeke: Tristan da Cunha, die Australiese Outback, Antarktika, die Svalbardeilandgroep in die Noordpoolsirkel . . .

Deur die jare het sy as medikus op van die wêreld se mees afgeleë plekke gaan werk. Soms met ’n hart wat wild klop, soms met haar twee jong dogters op tou, ander kere op kort kennisgewing . . . en dikwels met vriende en familie wat kopskuddend van haar afskeid neem.

“Wat kan ek sê? Ek raak ongemaklik in my gemaksone,” sê Joan, wie se boek oor haar avonture, A Wilder Life: Journey of an Adventuring Doctor, einde verlede jaar verskyn het.

Die wildernis het nog altyd tot haar gespreek. Haar huis naby Knysna, waar sy tydens ons Zoom-onderhoud gesels, is geleë op ’n ongerepte stuk grond met ’n woud en ’n uitsig op die rivier.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE8 min read
Vroualleen DEUR DIE KAROO
Daar is net iets omtrent die Karoo. Die windpompe wat langsaam kreun in die wind. Die volstruise wat so skop-skop stof aan die hemelruim offer. Dalk is dit daardie verlate treinstasies wat nog vir oulaas op die fluit van ’n trein wag. Of die kontrei

Related