RUBIK SE KOP OP ’N BLOK
DIT is seker vanselfsprekend dat die kubus meer aandag getrek het as wat ek my ooit sou kon indink. Dis ’n eienaardige feit – wat my net soveel as enigeen verbaas – dat so ’n eenvoudige “lae-tegnologie”-voorwerp al soveel dekades lank in ’n tyd van ongekende tegnologiese revolusie die mensdom bly boei.
Die bekoring daarmee het trouens ál verder ontwikkel. Die kubus was al ’n speelding vir kinders, ’n intens mededingende sport en ’n werktuig vir tegnologies gevorderde verkennings en ontdekkings in kunsmatige intelligensie, asook vir verstommende berekenings. Die kubus is al vir egskeidings (en huwelike) blameer en vir kwale bekend as “die kubusduim” en “Rubik se gewrig”.
Al hierdie aandag het gepaardgegaan met … vrae. Joernaliste, aanhangers van die kubus of terloopse kennisse van oor die wêreld het my dikwels dieselfde vrae gevra, asof ek maklik antwoorde kon verskaf wat die geheimenisse van my raaisel sou onthul. Die vrae het deur die jare kwalik verander. Laat ek daarom uit die staanspoor daarmee klaarspeel.
V: Hoe het jy die kubus uitgevind?
A: Ek het gaan sit en aan ’n geometriese probleem gedink en hoe om dit te illustreer. Ek het iets gemaak wat die kubus geword het.
V: Hoe lank het dit geneem?
A: Ek het in die lente van 1974 begin en die volgende Januarie om ’n patent aansoek gedoen.
V: Wat is die rekordtyd waarin jy dit al opgelos het?
A: Ek het geen idee nie. Ek het nog nooit tyd gehou nie.
Wat is die truuks?
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days