Finweek - Afrikaans

Ruim jou geldsake só op ná Covid-19

die lente het sy kop uitgesteek, maar so ook het ’n virus wat nie net die mensdom se gesondheid aangetas het nie, maar ook sy beursie. ’n Aanlyn opname onder 1 000 volwassenes uit verskillende streke van Suid-Afrika, wat tussen 31 Julie en 3 Augustus deurTransUnion gedoen is, toon dat die finansiële uitwerking van dieCovid-19-krisis op plaaslike verbruikers steeds hoog is.

Die aantal verbruikers wat sê dat hul huishoudelike inkomste negatief geraak is, het sedert die eerste ronde van die opnames in April tot sy laagste vlak (77%) gedaal en is veel laer as die hoogtepunt van 84% wat in Junie waargeneem is. Die respondente het gemeld dat werkverliese steeds toeneem met 21% van verbruikers wat finansieel geraak is wat meld dat hulle hul werk weens die pandemie verloor het, vergeleke met 10% in April.

Die pandemie het huishoudelike finansies geraak en sal dit waarskynlik steeds in die toekoms, ná 2020, doen. Terwyl ons met ’n broodnodige finansiële opruiming afskop, kyk ons na hoe verskillende finansiële prioriteite, van voertuigfinansiering tot die huisverbandmark, versekering en spaar vir aftrede en noodgevalle dié keer verskil.

Voertuie

Voertuigverkope in die eerste helfte van 2020 is kwaai geraak deur die beperkings op werksaamhede weens die inperking wat deur die regering ingestel is. Die beëindiging van handelaarsverkope in Maart en April het verkope kwaai geraak, sê Lebogang Gaoaketse, WesBank se hoof van bemarking en kommunikasie.

“Gevolglik is die verkope vir die eerste helfte van 2020 sowat 36,9% laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar,” sê hy aan.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans6 min read
Politici Probeer Eskom Kaap
andré de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, is onder skoot en dis nie net sy toekoms wat in die weegskaal is nie. As hy gaan en beurtkrag stop, kan ons elektrisiteitsnetwerk ineenstort, wat tot ’n katastrofiese kragkrisis kan lei. Suid-Afrikaners bes
Finweek - Afrikaans2 min read
Gee Voorkeur Aan Plaaslike Beleggings
Aangesien plaaslike beleggers al etlike jare lank plaaslike aandelefondse verkoop ten gunste van buitelandse en inkomstefondse, is dit belangrik om plaaslike aandele te oorweeg, veral onlangs. “Die afgelope jaar was baie lonend vir gedifferensieerde
Finweek - Afrikaans5 min read
Simon Se Wenke
Purple Group* (wat EasyEquities besit) het resultate uitgereik wat veel beter is as wat ek verwag het. Die maatskappy het sy finansiële resultate vir die jaar tot 31 Augustus op 10 November uitgereik. Die wesensverdienste per aandeel het met 190% ges

Related