Instellings sal vou as staat hulle beheer
Die Covid-19-pandemie het universiteite wêreldwyd soos ’n tsoenami getref en hulle sal nooit weer dieselfde wees nie. Die Suid-Afrikaanse universiteite word besonder swaar getref.
Miskien is hierdie skokgolwe juis nodig om die besef tuis te bring dat die huidige stelsel ondoeltreffend en nie volhoubaar is nie. Toenemende staatsbeheer met aandrang om voorsiening vir steeds groter getalle studente te maak sonder gepaardgaande verhoging in finansiering en volgehoue aandrang op vinnige transformasie het die universiteite geknak en op hul knieë gedwing. Dit is egter verblydend dat ’n paar vlagskip-universiteite sentrums van uitnemendheid is met internasionale aansien en in geheel uitnemend in moeilike omstandighede presteer.
In teenstelling met baie universiteite in die wêreld het die Suid-Afrikaanse universiteite in die algemeen die inperkingstydperk nie as baie gesonde instellings ingegaan nie. Nieteenstaande die feit dat daar aan feitlik al die eise van studente toegegee is ná die Rhodes Must Fall- en Fees-Must Fall-veldtogte in 2015, hou eise vir onder meer gratis voedsel, meer huisvesting en die afskaffing van registrasiegeld net nie op nie.
Die voorsiening van hoëvlakvaardighede en die skep van nuwe kennis vorm die kern van welvaartskepping in ’n kennisgedrewe ekonomie. Indien universiteite verder skade ly, sal dit wyduitkringende gevolge op talle sosio-ekonomiese terreine veroorsaak.
Plaaslike instellings vaar egter glad nie
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days