DIE MISVERSTAND
Om deur vriende versoek te word om ’n driedagjag vir hulle te reël, kan soos ’n berg voor jou lê. Let wel, dit is vriende, nie kliënte nie, en dit maak ’n groot verskil.
Dit het my ’n paar slapelose nagte besorg, maar daar was nie uitkomkans nie. Dit was ou jagtersvriende wat deur die jare al baie jaggeleenthede vir my gereël het. Die groep het uit vier gesinne bestaan: Stan, ’n ou jagmaat; Rudi ’n stadsklerk, Dave ’n prokureur en Gerald ’n ingenieur wat al baie jare saam met my jag en die reëlings aan hulle kant sou tref.
JAGTYD BREEK AAN
My vriende het Sondagmiddag in Rhodes gearriveer. Ná die verwelkoming en uitsortering van die akkommodasie het almal die dorp ingevaar om die besienswaardighede te bekyk voordat ons kort voor aandete in die hotelkroeg bymekaargekom het om verder te gesels en nuus uit te ruil. Met soveel monde om te voed (daar was 16 van ons) het ek onwillekeurig gedink aan ’n oom van my wat altyd gesê het: “Dis so lekker as jou vriende kom kuier, maar og wat brood daarmee heen gaan.” In hierdie geval egter, het die klomp gaste die kombuis behoorlik toegegooi met kos – daar was kaste vol vrugte, eiers, vleis, graankosse, melk en nog baie meer te ete en te drinke.
Na ete het die mans vergader sodat ek hulle kon inlig
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days