Landbouweekblad

Een oog op sneller produksie, ander op die buiteland

PLAASINLIGTING

LIGGING: Hluhluwe, KwaZulu-Natal

NAAM: Badenhorstboerdery

EIENAARSKAP: Maatskappy

VERTAKKINGS: Pynappels en kleinvee GRONDTIPE: Gemeng VELDTIPE: Gemeng GEMIDDELDE REËNVAL: 750 mm per jaar

KORTOM

■ ’n Opbrengs van tot 90 t/ha is met presisieboerdery en goeie boerderymetodes moontlik.

■ Omdat dit relatief min in dié streek reën, word die grond deeglik losgemaak sodat elke druppel reën die grond kan binnedring.

■ Nuwe planne word beraam om die opbrengs te verhoog en die gehalte van die pynpappels te verbeter.

Die pad vanaf bok-smous en klein pynappelboer wat gesukkel om van ’n oorlogbesering te herstel, tot megaboer en Suid-Afrika se grootste uitvoerder van pynappels wat vir die vars mark gekweek word, was nie aldag maklik nie.

Vandag kan mnr. Casper Badenhorst van Hluhluwe in die noorde van KwaZulu-Natal egter met genoegdoening terugkyk en sê: Dit was die moeite werd.

Sy suksesse was alles die gevolg van ’n presisiebenadering in alles wat hy aanpak, tesame met harde werk. Dit het ook in 2005 daartoe gelei dat hy deur Landbouskrywers SA as Suid-Afrika se Boer van die Jaar bekroon is.

Badenhorst en sy vrou, Estie, se seuns Henco (32) en Johan (29) boer saam. Hul jongste seun, Jacques (23), studeer BCom-Besigheidsbestuur aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad4 min read
Minder Antibiotika In Dierebedrywe Gebruik
NIEMAND wil enige teken van antimikrobiese middels in hul cappuccino hê nie, sê dr. Theo Kotze, ’n veeartsenykundige konsultant in die beesbedryf, wat namens die Melkprodusente-organisasie (MPO) in ’n werksessie oor die weerstandigheid teen antimikro