Landbouweekblad

Eie beheer oor graanverhandeling hak die knoop deur

Een jaar by ’n Amerikaanse mielieboer en twee jaar by ’n Suid-Afrikaanse graanhandelaar was ’n goeie leerskool. Dit het die grondslag vir mnr. JP (Jacobus Phillipus) Meintjes van Viljoenskroon gelê toe hy ná matriek nie op universiteit uit boeke gaan leer het nie, maar eerder praktiese opleiding verkies het.

Dit was ’n wyse besluit, want hy kon van meet af aan duidelike spore in die familieboerdery trap en hom voorberei op die moeilike tye toe sy pa en broer kort ná mekaar gesterf en hom alleen in beheer van die groot onderneming gelaat het.

Dié waardevolle praktiese opleiding tesame met ’n kop vir boerdery en harde werk het spoedig vrugte afgewerp. Die nuutste beloning was toe Meintjes in DuPont Pioneer se Weeg-en-Wen-opbrengskompetisie as die wenner in die afdeling vir watertafelgrond met die hoogste opbrengs van 9,804 t/ha met die kultivar P2927WYR aangewys is. Hy was ook die naaswenner in Graan Suid-Afrika se Grow for Gold-kompetisie vir watertafelgrond met ’n opbrengs van 12,63 t/ha met die Bayer-kultivar DKC 77-77BR.

LEER VAN GRAANVERHANDELING

Meintjes het in 1998 matriek geskryf en daarna ’n jaar lank by ’n groot saaiboer in Noord-Dakota, Amerika, gaan werk. Met sy terugkeer het hy saam met sy pa, Schalk, en broer, Hendrik, begin boer.

In 2007 en 2008

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Onstuimige Tyd Wag Op Landbou In SA
DIE kernboodskap van verskeie sprekers op die kunsmisvereniging van Suid-Afrika (Fertasa) se kongres by Muldersdrift was dat daar moeilike tye vir die landbou voorlê, maar dat daar groot vertroue in die sektor is om dit te kan baasraak. “Daar is baie
Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.
Landbouweekblad2 min read
Druiwepulp By Voer Vir Melkbeeste Lei Tot Minder Metaangasvrystellings
Navorsers in Kalifornië, Amerika, het bevind as druiwepitte, -stingels en -doppe by melkbeesrantsoene gevoeg word, kan Holstein-beeste se metaangasvrystellings met 10-11% verlaag word. Die loodsnavorsingsprojek het ook bevind dat voerdoeltreffendheid