Huisgenoot

SKOLE WEER TOE: HOE NÓÚ GEMAAK?

JY WOU al so ampertjies jou laaste versteekte bottel wyn nader trek en mismoedig daarmee op die bank neersak – ’n voorreg wat jou as die ouer én tuisonnie van ’n skoolkind deesdae nie meer beskore is nie.

Ná die laaste maande se frustrasie van tuisonderrig was die einde oplaas vir jou in sig: Jou kind kan weer terugkeer klaskamer toe … Maar nadat pres. Cyril Ramaphosa op 23 Julie aangekondig het die skole sluit weer ingevolge die inperkingsmaatreëls weens die covid- 19-pandemie – dié keer vir vier weke van 27 Julie tot 24 Augustus – sal jy maar weer die skoolboeke moet nader trek.

En moenie verkeerd verstaan nie, waarsku Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys: Die sluitingsperiode is helaas g’n vakansie nie.

“Skole moet reëlings met ouers van leerders tref om hul werk en bykomende materiaal te ontvang sodat die leerders tydens die pouse ten volle toegerus is en met skoolwerk kan voortgaan,” sê sy.

Matriekleerders sal ná 31 Julie weer kan terugkeer skool toe en gr. 7-leerders op 10 Augustus, maar die ander grade se leerders moet nou eers weer tuis leer.

Heimlik is baie ouers dalk bekommerd dat dit moontlik nie die laaste keer sal wees dat skoolkwartale onderbreek word nie – terwyl daar nog

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related