SKOONPA SE STEVENS UIT STRUISBAAI
Dit was die kolgans se hees roep wat hom weggegee het. Ek het gekyk na waar Kobus de Kock wys en die voël windaf aan ons linkerkant verby sien vlieg. “Hel, hy’s vinnig,” het ek gedink en die dubbel se lope ver voor sy kop verby getrek.
Toe dreun die Stevens en stuur sy haelkorrels die lug in. Ek kon hulle duidelik hoor tref en die volgende oomblik het die gans begin val. Dit was my eerste sukses met dié ou Amerikaanse haelgeweer op hierdie voëlspesie!
Die volgende twee voëls het oor ons koppe gevlieg en ek het weereens die regterloop laat praat. Net toe ek die sneller trek, het die een voël skerp agter die ander een ingeswaai en met geluk, eerder as deur vernuf, het die nommer 4’s beide getref! Hierdie was twee kopereende.
Na hierdie eerste suksesse was die lug vir ’n paar minute stil… en toe begin die ganse die laatmiddaglug te vul. Golf na golf het teen die sterk wind in op die pannetjie afgepyl waar ons in die lang gras geskuil het. Met die Stevens se lope gestook met Blaser se 32g Nr 4’s het ek opgespring en die dubbelloop lugwaarts geswaai…
DIE STEVENS SE STORIE
Maar voor ek verder vertel oor my eerste gansskiet, wil ek meer oor die haelgeweer vertel. Dis ’n Stevens wat ek by my skoonpa, Dirkie Lourens, geërf het. Met dié geweer het ek reeds in my studentedae kennis gemaak, in 1981, toe
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days