Finweek - Afrikaans

KRY BALANS IN ONSTUIMIGE WATER

namate die storm op aandelemarkte bedaar – hopelik nie net tydelik nie – sak digte mis toe oordié wat miljarde rande namens spaarders en afgetredenes bestuur. Dit belemmerdie uitsig en maakdit moeilikom te voorspel waartoekomstige opbrengs vandaan sal kom.

Byvoorbeeld, sal die geweldige bedrae wat deur kwantitatiewe verruiming in die wêreldekonomie gepomp word worstelende verbruikers aanmoedig om meer te bestee? Of sal die geld wat na die wêreld se ekonomieë vloei kort voor lank tot ernstige inflasionêre pyn vir verbruikers lei? Moenie vergeet hoe wêreldinflasie in die 1970’s en 1980’s (saam met ander faktore) die Goue Era van groter inkomstegelykheid vernietig het nie.

Tog vereis fondsbeleggers steeds ’n opbrengs bo die inflasiekoers – al verskil elke persoon se inflasiemandjie van ander mense s’n op grond van hul behoeftes en begeertes. Dit het noodwendig ’n invloed op verbruikers se verwagtinge van hul beleggingsopbrengs – baie soos wat inflasieverwagtinge geskep word.

Dis waar’n instrument wat moontlik een van die bestes vir verbuikers is om vir aftrede of groot toekomstige uitgawes te spaar, ter sprake kom: die gebalanseerde fonds, meer amptelik bekend as die “multibate-hoëaandeel-sektor” effektetrusts. Dié reuse het die laaste paar jaar gesukkel om voor die mag van inflasie te bly. Gebalanseerde fondse belê gewoonlik in verskeie bateklasse, wat wissel van riskante bates (aandele en eiendom) tot vaste-inkomste instrumente (soos effekte en ander genoteerde skuld).

“ ’n Gebalanseerde oplossing het oor ’n tydperk die reëele opbrengs gebied wat beleggers vereis, terwyl dit die wisselvalligheid verminder het,” sê Graham Tucker, een van, met verwysing na ’n ontleding wat in dié fondsgroep se publikasie gepubliseer is. “Ons meen dat dit steeds waar is, al was die laaste jare duidelik uiters moeilik vir plaaslike beleggers.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans6 min read
Politici Probeer Eskom Kaap
andré de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, is onder skoot en dis nie net sy toekoms wat in die weegskaal is nie. As hy gaan en beurtkrag stop, kan ons elektrisiteitsnetwerk ineenstort, wat tot ’n katastrofiese kragkrisis kan lei. Suid-Afrikaners bes
Finweek - Afrikaans2 min read
Gee Voorkeur Aan Plaaslike Beleggings
Aangesien plaaslike beleggers al etlike jare lank plaaslike aandelefondse verkoop ten gunste van buitelandse en inkomstefondse, is dit belangrik om plaaslike aandele te oorweeg, veral onlangs. “Die afgelope jaar was baie lonend vir gedifferensieerde
Finweek - Afrikaans5 min read
Simon Se Wenke
Purple Group* (wat EasyEquities besit) het resultate uitgereik wat veel beter is as wat ek verwag het. Die maatskappy het sy finansiële resultate vir die jaar tot 31 Augustus op 10 November uitgereik. Die wesensverdienste per aandeel het met 190% ges

Related