SARIE

MOOI

TREND #21

VOLHOUBAAR MOOI

Volhoubaarheid is ’n gonswoord in byna elke bedryf wêreldwyd. Dis meer as net ’n neiging, maar ’n beweging; ’n leefstylbesluit. “Jy hoef net met een ‘groen’ produk in jou skoonheidskas te begin om klaar ’n verskil te maak,” sê Jesslynn Shepherd, stigter van die plaaslike organiese velsorgreeks Lulu & Marula.

MINDER WATER

Om die hoeveelheid water wat tydens die vervaardiging van skoonheidsprodukte gebruik word te verminder, kies sommige skoonheidshuise om bv. hul reinigers, afskilferaars en maskers in poeiervorm aan te bied. Net sowat ’n eetlepel vloeistof is dan nodig om dit tuis te “aktiveer”.

HOERA VIR KOEKIE SEEP

Die Britse skoonheidshuis Lush is een van die grootste voorstanders van skoonheidsprodukte in ’n stafievorm en spog met onder meer soliede lyfwasse, -botters, -olies en selfs sjampoes en opknappers. Dié sogenaamde “kaal” produkte het min tot geen verpakking nodig nie en bevat dikwels ook nie chemiese preserveermiddels nie.

MINDER AFVAL

Verpakkings wat herwinbaar, hervulbaar of bio-afbreekbaar is, help om die hoeveelheid rommel wat op stortingshope beland te verminder. In elke winkel van die skoonheidshuis Rain Africa is daar stasies waar jy badsout en vloeibare seep kan hervul. Die velsorghuis Optiphi bied ook ’n inisiatief waar jy beloon word met ’n gratis reiniger vir elke 10 leë Optiphiprodukhouers wat jy by jou naaste verskaffer ingee vir herwinning.

VAN GROEN NA BLOU

Al gehoor van “blou skoonheid”? Dié term beskryf die groeiende vraag na produkte wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma

Related