SARIE

MOOI

TREND #21

LUUKS Parfuum

In ons gejaagde, tegnologiese wêreld van fast fashion en massaproduksie is daar onder verbruikers ’n ál groter behoefte aan luuksheid, sê Nicola Cooper, senior tendensanalis van Kaapstad. “Mense wil spesiaal en goed oor hulself voel. Daarom word klem geplaas op kwaliteit bo kwantiteit en produkte wat bv. vir ’n beperkte tyd beskikbaar is, ’n storie vertel en ’n gevoel van bederf ontlok.” Een van die beste maniere om ’n tikkie luuksheid in jou lewe te blaas is met ’n nuwe parfuum.

Volgens Technavio, ’n internasionale marknavorsingsmaatskappy, groei die gewildheid van luukse parfuums wêreldwyd onder vroue én mans, selfs in ontwikkelende lande. Dit is omdat die dra van parfuum ’n ervaring is wat selde vergeet word en ’n blywende indruk laat. Omdat geur en emosie so nou verbind is, het parfuum die kragtige vermoë om jou begeerlik en spesiaal te laat voel.

“Verbruikers koop ook nie meer net ’n produk nie, hulle koop in op die waardes en inspirerende eienskappe wat die produk verteenwoordig,” sê Nicola. Só bied die stories wat parfuumhandelsmerke rondom hul geure vertel – van die note, bestanddele en bottelontwerp tot die advertensieveldtog en gesig – voortdurend

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
39 Gestreepte Tjalie
KATIA AFRODITA (100% acrylic): 1 ball col. 302Crochet hook: 4 mm Magic ringChain stDouble crochetTreblePattern st (see graph A) Using 4 mm crochet hook in treble: 16 sts and 8 rows = 10 x 10 cm Make a magic ring and work in Pattern st foll graph A.
SARIE4 min read
35 Onesie Vir Baba
SIEN LES 5 VAN SLIMMER MET SARIE HOE OM ’N STEEK OP TE TEL WAT GEVAL HET – LEES BL. 45 –a) 3 –b) 6 –c) 12 –d) 18 –e) 24 months KATIA MERINO BABY (100% merino extrafine): –a) 2 –b) 2 –c) 3 –d) 3 –e) 3 balls col. 99Knitting needles: 3 mm and 3,5 mm2
SARIE1 min read
40 Maklike Granny Square-handsak
KATIA AZTECA (53% virgin wool, 47% acrylic): 2 balls col. 78471 button Two strips of leather, 70 cm longBag lining materialCrochet hook: 6 mm Slip st, chain st, trebleSquare st pattern (see graph A) 1 Square st pattern using 6 mm crochet hook = 15,

Related