Reserwebank tree toe om banke en ekonomie staande te hou
D ie Suid-Afrikaanse Reserwebank het tot die stryd toegetree om die ekonomie aan die gang te hou deur rentekoerse met ’n volle persentasiepunt te verlaag. Ander maatreëls is ook aangekondig om banke met likiditeit te ondersteun en te keer dat die geld- en die bankstelsel se wiele al hoe stadiger knars en dalk tot stilstand kom. Daar was tekens dat die Suid-Afrikaanse bankstelsel onder erge druk begin kom (die gevolge van Covid-19) en dat geld opgedroog het.
Die prys van bankaandele het skerp gedaal, wat banke se balansstate onder druk plaas te midde van die verwagting dat slegte skuld skerp gaan toeneem. Anders as wat baie mense dink, het banke nie groot eie kapitaalreserwes nie en is hul marges vir risiko baie dun om slegte skuld
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days