Finweek - Afrikaans

BELE SOOS IN 1999

esse Livermore het eenkeer gesê: “ ’n Bulmark klim teen ’n muur van kommer uit.” Niks kon verder van die waarheid wees as ’n mens kyk na wat die afgelope jaar gebeur het nie.

Die wêreldmarkte was sterk, en Amerika het aangehou om nuwe hoogtepunte te bereik, ondanks die geweldige hoeveelheid kommer oor die gevolge van die handelsdispuut tussen Amerika en China, Brexit en verlangsamende ekonomiese groei wêreldwyd, veral in China en Europa.

Trouens, elke belangrike Amerikaanse indeks het die dag voor die Thanksgivingfeesdag op 28 November op ’n rekordhoogtepunt gesluit. Dit het ook 125 maande van ekonomiese uitbreiding aangedui – die langste in die geskiedenis. Dit het ook 109 maande van opeenvolgende werksgroei verteenwoordig, asook die hoogste huispryse in die geskiedenis en ’n tydperk met die toegeeflikste monetêre beleid denkbaar.

Nietemin word mense al hoe meer uitgesproke oor die verlangsaming van die wêreldekonomie en die onvermydelike resessie wat om die draai is. Tog hou markte aan om teen die muur van kommer uit te klim. Jesse Livermore was, terloops, een van die beste handelaars wat nog ooit geleef het.

Suid-Afrika was egter nie só gelukkig nie. Die mark het die afgelope jaar baie min gevorder, selfs al het die meeste markte wêreldwyd

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans5 min read
Simon Se Wenke
Purple Group* (wat EasyEquities besit) het resultate uitgereik wat veel beter is as wat ek verwag het. Die maatskappy het sy finansiële resultate vir die jaar tot 31 Augustus op 10 November uitgereik. Die wesensverdienste per aandeel het met 190% ges
Finweek - Afrikaans3 min read
Uitsonderlike Welvaart Oor 21 Jaar Geskep
min fondse kry dit reg om konstant die mark te klop. Die Coronation-top-20 is so ’n fonds. In die loop van sy 21 jaar lange prestasierekord het die fonds die plaaslike aandelemark se 15-voudige opbrengs in ’n 27-voudige opbrengs omgetower – ’n fenome
Finweek - Afrikaans2 min read
Die Redakteur Sê
alle eras kom tot ’n einde. Gedurende die onlangse munisipale verkiesing, het die ANC – wat post-apartheid-politiek oorheers het – minder as 50% van Suid-Afrikaners se stemme op hom verenig. Die dood van die voormalige president FW de Klerk is ook di

Related