Landbouweekblad

BRIEWE

DROOGTE SE TOL

Hiermee ’n kort weergawe van wat ons op Strydenburg ondervind weens die lang droogte.Die persoon buite die landbou het nie altyd die begrip nie of is oningelig oor die harde werklikhede van veral die ekstensiewe veeboer se situasie binne ’n rampdroogte.

Ek het in 2012-’13 omvattend begin voer. Al hoe meer. Die reën raak ál minder – min op ’n keer en verder uit mekaar.

Die geldreserwes het verminder en die inkomste verklein, terwyl die uitgawes vermeerder het – tot op ’n punt van géén inkomste. My en sommige ander boere se korttermynversekering het verval, en sommiges se langtermynversekering en mediese versekering ook. Jou risiko met alles is dus baie hoog.

Voertuie kan nie meer gediens of na behore herstel word nie. Daar is geen sprake van vervang nie! Bank- en koöperasieskuld lê opgehoop of is oor die limiet.

’n Voertuig mag nie ernstig breek nie. Geen ongeluk, doktersrekening of ander rampe moet jou tref nie! Party boere kan nie meer Eskom se betalings byhou nie, en kan ook nie sonpanele aankoop nie. Sonder krag wees beteken om sonder ’n yskas, vrieskas

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad4 min read
Minder Antibiotika In Dierebedrywe Gebruik
NIEMAND wil enige teken van antimikrobiese middels in hul cappuccino hê nie, sê dr. Theo Kotze, ’n veeartsenykundige konsultant in die beesbedryf, wat namens die Melkprodusente-organisasie (MPO) in ’n werksessie oor die weerstandigheid teen antimikro

Related