Idees

My muse ATUUR

Op 53 is ek meer as ooit verwonderd oor die skepping. Dit is asof die fluistering van die natuur dinge in my loswoel.

Een van my gunstelingplekke is die promenade by Seepunt, waar ek ure staar na die branders, die fyn sproei op my gesig voel, die magiese wonders van die seelewe proe, die ewigheid voor my sien uitrol, dikwels in uitbundige wit skuimbolle, en waar ek die wilde reuk van kelp inasem.

As die seevoëls raserig afswiep vir ’n vissie in die see en dan weer omhoog vlieg, dink ek soms aan die woorde van die Franse natuurbewaarder, filmmaker en skrywer Jacques Cousteau: ‘As die see ons eers betower het, hou hy ons vir ewig in sy net van verwondering vas.’

Vir seker, want in hierdie oomblikke van stille aangryping wil ek sing, foto’s neem en pen op papier sit. Kortom, skep.

Die Britse modeontwerper Alexander McQueen was een van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
Slaapbroek
MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 1-2 dae Medium ♥ patroon op bladsy 93 ♥ flennielaken ♥ rek vir die middellyfskuif ♥ bypassende masjiengare ♥ bypassende katoenbreidraad (ons het Nurturing Fibres Eco Cotton in Sunglow gebruik) ♥ 4 mm-hekelpen ♥ groot bo
Idees2 min read
Uitmekaartrek-filodeegtert
Genoeg vir: 8-10 Bereidingstyd: 1 uur Baktyd: 1 uur Oondtemperatuur: 180 ºC ♥ 240 g (250 ml) roomkaas ♥ 50 ml fetakaas (opsioneel) ♥ 10 ml gerasperde lemoenskil ♥ 110 g (125 ml) strooisuiker ♥ 500 g filodeeg ♥ 120 ml gesmelte botter ♥ 375 ml melk ♥ 5
Idees2 min read
SKOONMAAK Wenke
Laat dowwe glase blink deur dit met wit asyn uit te vee. Takel smal glasvase só: Plaas 'n koppie rou ryskorrels, 'n teelepel wit asyn en 'n bietjie skottelgoedseep in die vaas en vul dit tot bo met warm water. Plaas jou hand oor die bek en skud die v

Related