Vrouekeur

IS DAAR LEWE – EN LIEFDE – NÁ 60?

Moenie jouself probeer flous nie – die lewe begin nie op 60 nie, maar dit eindig ook nog lank nie daar nie. Jy ondergaan ook nie oornag ’n metamorfose sodat jy ná 60 feitlik onherkenbaar vir jou mense wakker word nie.

Mens se unieke persoonlikheid en karakter verander nie werklik deur die jare en dekades nie. Daar mag groei en ontwikkeling na volwassenheid wees, maar inherent behou jy jou geaardheid. As jy dus jare lank ietwat van ’n moeilike mens was, gaan jy nie in ’n engel verander net omdat jy 60 is nie. Jy sal eerder daarop afstuur om later jare ’n befoeterde bejaarde te wees.

Die teendeel is ook waar. Jy hoef nie skielik vreeslik kuis en besadig te raak die oomblik wat jy oor ’n mensgemaakte Rubicon beweeg nie.

Dis hierdie onrealistiese verwagtinge oor die lewe ná 60 wat individue soos Freda* die meeste grief. Sy pas nou eenmaal nie in die boksie waarin ’n groot deel van die samelewing haar graag wil sien nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur1 min read
Sudoku 14
Voltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elke 3x3- kassie die nommers 1 tot 9 bevat. Dis al wat jy moet doen! G’n wiskunde is nodig nie. Die rooster is vol syfers, maar niks hoef bymekaargetel te word nie. Jy los die raaisel met logi
Vrouekeur1 min read
Woordspel 14
Hoeveel woorde van vier (4) of meer letters kan jy uit die gegewe letters saamstel? Elke letter in die rooster mag net een keer in ’n woord voorkom. Elke woord moet die letter in die ingekleurde blokkie bevat en daar moet minstens een woord met nege
Vrouekeur1 min read
Diere Onder Die Son!
Pikkie is ’n pou met die pragtigste vere. “Kyk net hoe pronk ek,” sê Pikkie. Kleur die rooster volgens die nommers in om te sien hoe Pikkie pronk.

Related