Huisgenoot

DIE LEWE NÁ #METOO

HY IS net ’n skadu van die man wat hy eens was – die een wat gekonkel, geskree en geboelie het om een van die rykste en magtigste figure in Hollywood te word.

Toe Harvey Weinstein met ’n ysterloopraam by ’n hofsaal in New York ingeskuifel kom, het hy weinig ooreenkomste getoon met die dominerende figuur wat tot skaars twee jaar gelede nog loopbane kon maak of breek. Terwyl hy by ’n groep vroue verbygestap het – onder wie die aktrises Rosanna Arquette en Rose McGowan met plakkate met die woorde: “Ek staan by die oorlewendes” daarop – het hy sy oë neergeslaan.

Die loopraam was skynbaar net wat ’n mens van ’n Hollywood-impresario sou verwag; ’n skaamtelose set om simpatie te wek. Maar sy hoofprokureur, Donna Rotunno, ontken dit.

Verlede jaar was Weinstein (67) in ’n motorongeluk in die noorde van die deelstaat New York betrokke nadat hy vir ’n takbok uitgeswaai het. Hy moes ’n drie uur lange rugoperasie ondergaan. Die loopraam is wel noodsaaklik, beweer Donna (44), ’n lang, treffende vrou met ’n voorliefde vir ontwerpersuitrustings, hemelhoë spykerhakke en kettinghalssnoere. ’n Voormalige kliënt het haar al as “ ’ n bulhond” beskryf. Maar dit lyk of sy haar storie sal moet ken om Weinstein te verdedig.

Tydens sy verhoor, wat tot ses weke kan duur, sal hy op vyf aanklagte teregstaan, waaronder die verkragting en seksuele aanranding van twee vroue. Die een is Mimi Haleyi, ’n voormalige produksieassistent, wat beweer Weinstein het in 2006 in sy woonstel in New York teen haar sin orale seks met haar gehad.

Die ander vrou,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Verlede jaar was daar tussen 100 en 150 flaminke in Chili se Los Flamencos-reservaat, maar vanjaar is net 15 tot 20 van die voëls daar gewaar. Wetenskaplikes van die reservaat probeer nou met behulp van satelliete uitvind waarheen die res van die fla
Huisgenoot1 min read
Sy Ou Vlamme
Dié The Cosby Show-aktrise het in 1987 met Lenny getrou. Hulle is in 1991 uitmekaar. ’n Dogter, Zoë, is uit dié huwelik gebore en die ouerpaar is steeds na aan mekaar. In 1991 het hy kortstondig met die Australiese popsangeres uitgegaan. Die jaar 199

Related