Huisgenoot

DIE KIEM WAT JOU BEURSIE KAN KNAK

AS China nies, kry die hele wêreld ’n verkoue, lui die gesegde. Maar deesdae is dié “nies” nogal ernstig en het die “verkoue” verreikende gevolge.

Ná die uitbreking van die dodelike coronavirus in Januarie word beeld ná beeld van verlate Chinese stede die wêreld ingestuur. Die strate en vervoerstelsels, wat gewoonlik wemel met mense, is onheilspellend leeg en stil.

Fabrieke, winkels, skole, restaurante en pretparke is gesluit en die land se inwoners bly op bevel van die owerhede tuis agter geslote deure.

Hubei, ’n binnelandse provinsie in Sentraal- China, eens ’n besige sentrum wat aan byna elke hoekie van die wêreld verbind was, is nou die afgesonderde middelpunt van die nuwe coronavirussiekte met die amptelike naam COVID-19. En dis van die res van die wêreld afgesny.

Teen druktyd het COVID-19 al die dood van 1 775 mense op die Chinese vasteland en vyf elders ter wêreld – een elk in Hongkong, die Filippyne, Japan, Frankryk en Taiwan – veroorsaak. Meer as 71

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr