Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Potlooddief en die engel
Die Potlooddief en die engel
Die Potlooddief en die engel
Ebook122 pages1 hour

Die Potlooddief en die engel

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die potlooddief en die engel is ’n hedendaagse blyspel wat losweg gebaseer is op die Middeleeuse mirakel- en moraliteitspele. Alles is moontlik, met die gevolg dat hierdie heerlike en hoogs opvoerbare komedie, wat met groot sukses voorgeskryf is, net sulke prettige leesstof is.
LanguageEnglish
Release dateSep 30, 2013
ISBN9780798165945
Die Potlooddief en die engel
Author

A.S. van Straten

A.S. van Straten is outeur van die romans Daar’s ’n gaatjie in die middel van die see (1966) en Die wenner (1970). In Die potlooddief en die engel (1985) verwerk hy ’n klugtige liefdesgeskiedenis met die gebruik van twee karakters as “sinnekens”, manipuleerders en ’n Griekse koor in die kleine.

Related to Die Potlooddief en die engel

Related ebooks

Performing Arts For You

View More

Related articles

Reviews for Die Potlooddief en die engel

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Potlooddief en die engel - A.S. van Straten

    Die Potlooddief en die Engel

    A. S. van Straten

    Human & Rousseau

    Vir Cicely

    Being a woman is a terribly difficult trade, since it consists principally of dealing with men.

    Joseph Conrad.

    Hoofkarakters

    TONIE:’n 27-jarige losbol.

    Sy bekommerde MA.

    Sy gawe OUMA.

    LENA:25 jaar oud, ernstig ambivalent oor mans. Gelukkig het sy ’n humorsin.

    Haar ongelukkige PA, Max. Hy drink.

    PAUL:intens en 40, hakkel soms effens deur op sekere klanke te leun.

    Sy vrou ANNETTE, mooi en kwesbaar.

    ENGELA:’n volwaardige beskermengel, sien om na Lena.

    WILHELMUS:hou Tonie dop. Hy het nog nie sy vlerke verwerf nie.

    Ander

    VIRGINIA:’n sekretaresse

    TIMOTHEÜS:’n bestuurder

    Werk vir V.I.P Guards.

    ’N JONG MAN, ’N MEISIEFliekgangers.

    TWEE VRIENDINNE:Kyk na modes in toonvensters. Gaan sit later in restaurant.

    LOKVOËL:soek klante op sypaadjie.

    NOODLYNMAN

    SEKRETARESSE:werk vir Paul.

    DIE DUIWEL

    ’N DOMINEE

    ’N KELNER

    Verhoogaanwysings

    1.As ’n draaiverhoog nie beskikbaar is nie, kan die dekor net gesuggereer word (beskilderde blindings deug goed), en die verhoog in 3 ruimtes verdeel word:

    a.Links voor vir kantoortonele.

    b.Regs voor vir Paul se ateljee, die restaurant, die bioskoop. (Hou dié twee ruimtes op dieselfde vlak sodat hulle kan aaneenskakel vir die straat- en kerktoneel.)

    c.In die middel agter, op ’n hoër vlak, die sitkamertonele.

    2.Wisseling word ook met musiek en beligting aangedui.

    3.Die engele beweeg direk van speelruimte na speelruimte; vir hulle bestaan daar geen mure nie. Die ander persone moet by sydeure inkom en uitgaan.

    4.Die gehoor kan die engele sien, die spelers kan nie.

    Die Potlooddief en die Engel is die komedie waarmee die ATKV se jaarlikse toneelfees, Kampustoneel, in 1983 geloods is. Dit is aangebied deur die Universiteit van Pretoria se Dramadepartement onder spelleiding van prof. Louw Odendaal.

    Die Potlooddief en die Engel is die eerste maal professioneel opgevoer deur TRUK in die Staatsteater, Pretoria, op 20 Februarie 1985. Die regisseur was Louis van Niekerk en die dekor is deur Johan Engelbrecht ontwerp.

    Beligting deur Stan Knight.

    Die rolbesetting was as volg:

    TonieRichard van der Westhuizen

    MaTrudie Taljaard

    OumaWoutrine Theron

    LenaJocelyn Broderick

    PaNico Liebenberg

    PaulBen Kruger

    AnnetteRita Ehlers

    Engela(’n engel) Charlotte Butler

    Wilhelmus, Jong man -(amper ’n engel) Frantz Dobrowsky

    Lokvoël, Kelner, Duiwel - Johan Engelbrecht

    Meisie, ’n Vriendin, Sekretaresse - Selma van der Vyver

    Virginia, ’n Vriendin, Timotheüs Naudé - Marina Mynhardt

    Noodlynman, Dominee - Deon Bredenhann

    Toneel 1

    Maatskappy se ontvangkamer. Agter ’n lessenaar is ’n goed bedeelde rooikop by die telefoon. Haar rok se hals is laag; later sien mens sy wys ook heelwat been.

    SEKRETARESSE:En ek het die sweetste bloesie gesien wat perfek daarby pas. Dis voor ’n bietjie oop, maar as mens voordele het ... hoekom nie? (Sy giggel.)

    TONIE:(Kom in, staan en wag.)

    SEKRETARESSE:(kyk na Tonie) As my ma my daarin sien, onterf sy my ... I-hih. (Sy giggel en lag.)

    TONIE:(Glimlag vriendelik.)

    SEKRETARESSE:Wat van jou? ... Hmm. Sexy! Wat gaan jy dáárby dra? ... Hmmm. Stunning! (Knik en giggel.) As dit hom nie vang nie, kan jy maar vergeet! I-hih ... I­ hih ... I-hih ... (Sy kraai van die lag.) Ek sê jou wat –

    TONIE:(druk die mikkie af en beëindig so die gesprek) Ek is Tonie Minnaar. Meneer Naudé verwag my.

    SEKRETARESSE:(woedend maar beheer haarself; sy sit die hoorbuis met groot waardigheid terug, druk ’n interkomknoppie en sê so verleidelik moontlik) Meneer Naudé, ’n meneer Minnaar om u te spreek.

    STEM:(gefilter) Sê hy moet wag, asseblief.

    SEKRETARESSE:Gaan sit! (Sy beduie na ’n stoel langs ’n koffietafel.) Dáár!

    TONIE:(Sit en vat ’n tydskrif met ’n bikininooi voor op.)

    (Die foon lui.)

    SEKRETARESSE:V.I.P. Guards. Goeiemôregoodmorning ... o, haai! Ja, ons is afgesny. (Sy gluur Tonie aan.) ... Hm ... Nee, ek wéét nie. Dalk moet ek weer ’n stunning blonde word. Wat dink jy? ... I-hih ... i-hih.

    TONIE:(Staan op, loop na haar toe.)

    SEKRETARESSE:(met haar vry hand gryp sy ’n skêr en hou dit oop en dreigend oor die foon) I-hih.

    TONIE:(Vat die telefoongids en stap terug na sy stoel, slaan ’n nommer na.)

    NAUDÉ:(kom in met vorms waardeur hy blaai) Meneer Minnaar ... (Hy is bewus van sy belangrikheid.)

    TONIE:Middag.

    SEKRETARESSE:(Fluister iets en laat sak dan die hoorbuis.)

    NAUDÉ:Ek sien jy’t die praktiese toetse gedoen. (Hy kyk.) Die karate geslaag, die stoei ... swem ... eintlik alles ... Pistoolskiet? Hmmm. Jy’s ’n baie góéie skut ... Nou kyk, ek het hier ’n ander soort toets wat ons sal wys of jy die regte temperament en áánvoeling het vir die werk. Ons het BAlE BELANGRIKE KLIËNTE, en ons kan nie enige Jan Rap en sy maat ... Glo my, ons het al rare skepsels hier gehad, gevaarlike psigopate of sommer net ghwarre ... (Hy grinnik.) Vul vir ons hierdie vraelyste in en gee hulle vir juffrou Smith.

    TONIE:(Vat nie die vorms nie.)

    NAUDÉ:Jou antwoorde sal nog vanmiddag ontleed word, en ons sal jou môre laat weet wat ons besluit het. (Hy besef Tonie gaan nie die vorms vat nie, en sit hulle op die koffietafel neer.) Daar’s hy.

    TONIE:(voel oor sy sakke, kyk na die sekretaresse) Kan jy my ’n pen leen? Of ’n potlood?

    SEKRETARESSE:(sarkasties) Ek sien jou al: ’n fantástiese lyfwag! (Teatraal.) As die skiet-skop-en-dinges begin. As die hare begin waai ... is jy dáár! Oorgehaal! Reg vir die ding! Maar ... (Soek in haar sakke.) O gááts ... (Pruilstemmetjie.) Mamma se seuntjie, bang vir geeneen, as iemand hom tog net ’n ou (Lig pen op.) skietdingetjie leen.

    TONIE:(Trek rustig

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1