DIE planeet Aarde bestaan uit massiewe stukke land en ’n selfs groter aaneenlopende massa water. Die stukke land – Afrika, Europa, Asië, Antarktika, Australië, Noord-en Suid-Amerika – word vastelande genoem.
Van die totale oppervlakte van die Aarde bestaan slegs 29% uit land. Die oorblywende 71% bestaan uit ’n wêreldwye oseaan wat volgens streek in vyf spesifieke oseane verdeel is: die Atlantiese, Stille, Indiese, Arktiese en Suidelike (Antarktiese) Oseaan. Elke oseaan is uniek en het ’n groot impak op ons lewe.
Hoekom is dit belangrik vir lewe?
Oseane bevat 97% van die Aarde se water en maak dus die hoofkomponent van die Aarde se hidrosfeer uit. Die hidrosfeer is ál die