VOORBEREIDINGS om te sorg dat die Bothaville-vleismark genoeg vleis en ander produkte beskikbaar het vir Nampo-gangers begin elke jaar reeds in Maart in aller yl.
“My grootste klante tydens die Nampo-week is die restaurante in die Fanie Ferreirasaal. Ons lewer voor die tyd ook baie produkte aan gastehuise en restaurante, en dan moet ons natuurlik sorg dat ons genoeg biltong en braaipakke vir die besoekers het. Om by Nampo te kan braai, is tog die één ding waarvan die meeste besoekers praat,” sê Sonja Steenkamp, eienaar van die slaghuis.
Die produkte wat die gewild-ste is tydens dié week sluit biltong, patties, wors en