DIS NOU maar een van daai dinge: G’n huis hou homself skoon nie. Waar ons leef, raak dinge vuil. Maar wie is lus vir skoonmaak ná al die aktiwiteite van die dag of week?
Hier is raad vir hoe jy vinnig met die kombuis se vuil kan klaarspeel.
DIE OOND
Maak gou-gou’nvuiloondskoon deur dit ’n vinnige stoombad te gee: Vul ’n oondkastrol met water en 125 ml (½ k) wit asyn. Verhit die oond tot 180 °C en laat