DIE druk wat hoë rentekoerse op die ekonomie en verbruikers plaas, is die belangrikste rede vir die druk waaronder die veebedryf en veral veeboere verkeer.
Prof. Johan Willemse, onafhanklike landbou-ekonoom, sê “ ’n baie hoë korrelasie bestaan tussen ekonomiese groei en veepryse. As die ekonomie swaar trek, daal veepryse. Daar bestaan ook ’n korrelasie tussen rentekoerse – wat die verbruiker se vermoë om te kan koop, beïnvloed – en die vraag na