Is ons pakt nog geldig?
Vraag
OU BELOFTES
Antie Val, toe ek 16 jaar oud was, het ek en ‘n seunsvriend (ons ken mekaar al van driejarige ouderdom af) ‘n belofte aan mekaar gemaak. Dié belofte is dat ons op 23 vir die eerste keer “saam” gaan wees; dat ons daardie eerste keer nie met vreemdes wil doen nie, maar aan mekaar wil gee sodat ons ‘n spesiale band het, al skei ons paaie dalk eendag. Het ons die regte ding gedoen, Antie?