RAM
21 MAART – 19 APRIL
Al is Ramme tans die fokuspunt van die diereriem, beteken dit nie noodwendig sukses op alle gebiede nie. Wees versigtig dat jou menings nie nou aanstoot gee of, nog erger, dat mense jou heeltemal vermy nie. Oefen om ’n wag voor jou mond te plaas, veral by die werk, waar jy baasspelerig en/of arrogant kan oorkom. Hou jou gedagtes vir jouself.
BUL
20 APR – 20 MEI
Dit voel dalk asof die lewe nou taamlik saai is, maar met geen krisisse op hande