“W at, waar, wie?” Ek wat Krisjan is skrik my boegboggel-lam vir die klop aan die deur. My koppie koffie skiet uit my hand teen die tafel vas en weer terug na my kant toe. Die koffie sweefswerf weg van die koppie af en hierdie “swerm” moerkoffie kom te lande op my gunstelingbroek. Juis nou in die kol waar dit lyk of jy nie jou nood van voor kon inhou totdat jy betyds by geriewe kon uitkom nie.
“Donderdag donderweer deksels!” uiter ek luid soos ek op-spring van die ongewenste sensasie. Ek huilskreekerm terwyl ek rondspringdans op een plek.
Ek is nie gewoond aan onverwagte ongenooide gaste nie en dit staan my ook glad nie aan nie. “Wie kan so ontydig wees?” mompel ek onnodig hard soos ek voordeur toe stap.
“Goeiedag, ek is Kerneels Oosthuizen