Kruiwa skiet-vlieg in die lug op en krabber-fladder doer hoog op een plek soos ’n valk wat sy prooi van ver af opsom. Hy kyk af grond toe – eers met sy linkeroog, dan met sy regteroog en daarna weer met sy linkeroog. Dan skree-roep hy uit volle papegaaibors: “Rooibok! Rooibok!”
“Uitstekend, Kruiwa! Die rooibokke is 200 meter regs na die rivier se kant toe. Kom, Vet Faan, volg my. Vandag sien jy my veldverkenner-papegaai in aksie,” sê ek trots met ’n tamaai glimlag. Vet Faan staar verbaas en stap verstom agterna. “Kan dit waar wees dat ’n papegaai vooruit die veld kan invlieg en uit die lug roep watter dier of ding hy daar onder gewaar? Dis mos toetentaal ongehoord,” mompel Vet Faan. Ek kry te lekker en is om-trent in my noppies. Dis hoog tyd dat ek weer een voor is in die vriend-vyand-verhouding tussen my en Vet Faan. Vandag is ek die voorbok en Vet Faan die agteros!
Ek en Vet Faan het op dieself-de bus plaasskooltjie