Vir baie boere is slootgrawers (excavators) vandag ’n noodsaaklike werktuig op die plaas vir allerlei grondwerk. Baie besit hul eie werktuie en doen ook werk vir van hul medeboere.
Een van hulle is Pieter du Toit van die plaas Grashoek in die Strandveldgebied by Bredasdorp. Hy en sy broer, Niel, boer met beeste, waaronder Angusse, Holsteins en Ayrshires, en Merino-skape, en hulle verbou ook graan.
Omdat die plaas heuwelagtig is met heelwat rante en hoë reënval, is ’n grondwerktuig en