Huisgenoot

JOU CHINESE HOROSKOOP VIR 2024

DIE Jaar van die Draak is ’n energieke jaar vol nuwighede, gebeure en ontdekkings. ’n Positiewe gees heers en gee jou planne flair. Dit hou wonderlike moontlikhede in, maar jy moet kanse aangryp. Wat is jou vooruitsigte? Kyk watter dier oor jou geboortejaar heers. Omdat elke Chinese jaar laat in Januarie of vroeg Februarie begin, moet mense wat in hierdie tyd verjaar, die datum nagaan waarop die Chinese jaar in hul geboortejaar begin het om te bepaal onder watter teken hulle gebore is.

ROT

1936, 1948, 1960, 1972, 1984, 1996, 2008, 2020

Hulle is sjarmant, stylvol en vriendelik. Geen wonder Rotte kom goed met die meeste mense oor die weg nie. Hulle kan geleenthede blitsvinnig raaksien en het goeie vaardighede en oordeel. Rotte geniet ander se geselskap en heg veral waarde aan hul sosiale en gesinslewe.

Dis ’n jaar van belowende geleenthede. As Rotte eers besluit het watter rigting hulle wil inslaan, sal hulle ’n element van geluk aan hul kant hê. Hulle sal goeie steun geniet en as hulle raad of hulp nodig het, kan hulle maar net daarvoor vra.

Deur die jaar kan hulle belangrike vriende maak. Enkellopende Rotte se romantiese vooruitsigte is uitmuntend.

Dis ’n goeie jaar om hulself te verbeter. ’n Nuwe stokperdjie of nuwe kwalifikasies kan nuwe moontlikhede open. Ook in hul werkslewe kan Rotte verandering verwag. Vir dié wat reeds goed in hul werk ingegrawe is, kan bevordering wink of nuwe geleenthede kan party aanspoor om op ander maniere te vorder. Werksoekers sal posisies vind waarop hulle kan voortbou.

Danksy hul vordering sal Rotte meer geld in hul sak hê om planne – ook vir hul huislike lewe – uit te voer.

Party sal lekker kan rondreis.

Te midde van al die bedrywighede moet hulle daarteen waak om aannames te maak. Goeie kommunikasie en openlikheid is die sleutel.

In sy geheel is dit ’n besonder goeie jaar waarin Rotte aangemoedig word om te vorder, op nuwe maniere te wys wat in hul steek en die vrugte daarvan te pluk.

WENK VIR DIE JAAR Rotte kan gerus onthou: Wie nie waag nie, wen nie. Vanjaar is ’n jaar vir waag. Neem inisiatief en met goeie ondersteuning kan jy baie regkry.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related