Weg! Ry & Sleep

Ry veilig – die pad is nat!

MasterDrive, ’n ryskool vir gevorderde bestuur, is in 1999 gestig, en Eugene Herbert, die uitvoerende hoof, beywer hom vir veiliger paaie in Suid-Afrika. Die maatskappy rig bus-, motorfiets-, vragmotor- en motorbestuurders af in enigiets van ongeluksvoorkomende bestuurstegnieke tot hoe om op te tree in ’n kaping.

Ons het Eugene se professionele raad gebruik om ’n lys wenke saam te stel vir ’n veranderende klimaat waarin Suid-Afrika die een oomblik deur ’n droogte geknel en dan enkele maande later deur stormvloede geteister word.

Gure weer

Sommige Suid-Afrikaners het ’n reputasie dat hulle nie in reën kan bestuur nie. Volgens Eugene moet motoriste die volgende doen:

• Skakel jou voertuig se hoofligte aan. Die dagryligte in nuwe voertuie is dikwels té flou om in swaar reën raakgesien te word.

• Handhaaf ’n groter volgafstand as normaalweg tussen jou en die voertuig voor jou. Dit gee jou in ’n noodgeval genoeg tyd om te reageer.

• Ry stadiger as gewoonlik, want dit verlaag die risiko dat jou voertuig op ’n nat pad sal gly.

• As jou voertuig wel gly, haal bloot jou voet van die versneller af en trap die rempdaal egalig. Moenie hard aan die remme pomp

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
’n Welkome gas
In die kampplek het ’n mens ’n paar opsies om jou kos gaar te kry of water te kook vir ’n bietjie boeretroos. Die mees basiese en beste, natuurlik, is ’n kampvuur, maar dit neem tyd om aan die gang te kry en jy kan ook nie sommer enige plek vuurmaak
Weg: Ry & Sleep5 min read
Wat Maak Kamp So Lekker?
Ek het grootgeword in ’n huis waar vakansies – vernaam die grote in Desember en Januarie – beteken het die lomp two-tone Jurgens 640 met sy blou-en-wit gestreepte tent word by oom Tjoep du Toit gehuur. Ek weet tot vandag toe nie waar oom Tjoep aan sy
Weg: Ry & Sleep5 min read
’n Lékker Honnelewe
• Hou jou motor se ruit oop, indien moontlik. Pote gaan die rit baie meer geniet as hy die tonele kan inasem wat verbyflits. • Stop so een keer elke uur en gee jou woef genoeg tyd sodat hy kan snuffel aan die merke van al die honde wat al vroeër hier