SY SIT op die rusbank en kyk onrustig af na haar benerige hande, haar armpies dun en uitgeteer. Die een roggelende hoes ná die ander skeur deur haar borskas.
Demi Labuschagne is net 11 jaar oud, maar sy is baie siek.
Sy is ’n meisietjie met ’n lysie wense, klein dingetjies en grotes. Haar naastes wens hulle kan ál die wense nog laat waar word – en dat dit betyds sal wees om haar dogtertjiehart bly te maak.
Waar Demi nou langs haar grootmaakma, Belinda Labuschagne (34), op die rusbank sit, krimp haar tenger lyfie ineen terwyl Belinda van die dag in 2022 vertel toe Ewing-sarkoom, ’n soort kanker, by haar gediagnoseer is. Sy vroetel met haar hande in haar skoot terwyl