VOORUITSKOUING Groente
Dit is een van die onvoorspelbaarste bedrywe, en daar is reeds aanduidings dat produksie in die varsproduktebedryf in 2024 steeds onder groot druk gaan bly, veral wat groentegewasse betref.
Hendrik Eksteen, uitvoerende hoof van Grow Fresh Produce, sê faktore soos stygende insetkoste en die impak van beurtkrag het die afgelope jaar sy tol geëis. Dit sal waarskynlik in 2024 ook die geval wees.
“Dit is duidelik dat boere onder druk was weens duurder produksiemiddele, soos brandstof, kunsmis en arbeid. ’n Mens moet ook nie die groot impak van beurtkrag uit die oog verloor nie, want boere kon