“NOU kan ek selfs my pa ’n ding of twee leer!” het JZ van Heerden, ’n graad agt-leerder aan Hoërskool Burgersdorp, opgewonde gesê ná hy die skool se eerste Blikkies-landboukursus bygewoon het.
Die skool is ’n plattelandse distrikskool midde-in die Oos-Kaap se boerderyhartland, maar ondanks ’n behoefte aan landbouvakke is daar nie die nodige personeel of geriewe daarvoor nie. Een pouse het die personeel bespiegel of kortkursusse, soortgelyk aan dié wat ’n landboukollege aanbied, dalk ’n werkbare oplossing kon bied.
Mimi Ferreira (27), wetenskaponderwyser, het dadelik