Avontuur Afrika

Skoonheid in eenuoud

In die see van gewilde viertrekvoertuie staan die Suzuki Jimny uit vir die voor die hand liggende rede dat dit die kleinste is, maar ook omdat dit oor uitstekende 4x4-veldryvermoëns beskik. In Suider-Afrika word hierdie uiters bekwame voertuig by die dag gewilder, veral sedert die bekendstelling van die huidige generasie in 2018.

Die Jimny het nog altyd ‘n lojale aanhang geniet, nie net in die veldrygemeenskap nie, maar ook onder stadsjapies wat iets anders as die norm wil hê en die waglys vir nuwe voertuigvoorraad toets dikwels kopers se geduld. Gevolglik was daar ook ‘n merkbare toename in die navrae en behoefte rondom na-verkope toebehore vir hierdie voertuig. Daar was ook ‘n aansienlike toename in die verskeidenheid en beskikbaarheid van hierdie toebehore, wat daarop dui dat al hoe meer mense die Jimny koop en dit gebruik vir sy beoogde doel – om te gaan verken! Gemik op die ernstiger kant van veldry en landreis, sluit Ironman 4x4 Africa se reeks produkte opgedateerde veerstelsels, bosbrekers, wen-asse, beskermingsplate vir die onderstel, snorkels en ‘n reeks kamptoerusting soos daktente en afdakke in.

Nieteenstaande sy uitstekende veldryvermoëns, bied die grootte van die Jimny heelparty uitdagings wanneer dit by ernstige landreise na die mees afgeleë wildernisbestemmings – waar brandstof en drinkwater byvoorbeeld nie geredelik beskikbaar is nie – kom. Hierdie tipe reise is baie anders as ‘n vinnige naweek-wegbreek na die veldry-roete naby die huis en jy moet geheel en al selfversorgend wees – wat beteken dat jy basies jou hele huis moet saamry!

Ons klante vra ons gereeld oor die geskiktheid en vermoë van die Jimny as ernstige landreis-vennoot uit en om hierdie vraag met oortuiging en geloofwaardigheid te beantwoord, het ons besluit om ‘n Suzuki Jimny aan te skaf en op die proef te stel. Die eerste deel van die plan was om onsself met die Jimny in sy standaardvorm vertroud te maak. Ek het persoonlik vir ‘n paar weke in Johannesburg met die Jimny rondgerits en ‘n paar pertinente dinge het uit die staanspoor baie duidelik geword.

Die Jimmy is die byna perfekte klein stadsvoertuig, met baie kompakte afmetings wat dit baie maklik maak om in en uit enige smal spasies te kom en maklik deur die verkeer te vleg. Die driedeur-model het sitplek vir vier mense, maar dan is daar min of geen spasie vir bagasie en die beenspasie is ook maar effentjies. Die rugleunings van die agterste sitplekke kan platvou, wat dit tot ‘n driesitplek met ‘n bietjie bagasieruimte of ‘n tweesitplek met redelik goeie bagasieruimte konfigureer.

Alhoewel die Jimny kompak en maklik is om te maneuvreer, is dit steeds ‘n uitdaging om die spasie en veiligheid agter die voertuig te bepaal, veral wanneer jy uit ‘n parkeerplek by die winkelsentrum ry. Die gebrek aan beide parkeerafstandbeheer en ‘n trukamera is, volgens my, ‘n ooglopende weglating van ‘n kritieke veiligheidstelsel in hierdie voertuig.

Die 1.5-liter enjin is heel gepas en ek moet bieg dat snelweg ry minder uitdagend was as wat ek verwag het. Hoewel die Jimny slegs 75kW krag en 130Nm wringkrag teen 4 000rpm uitstoot,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
Klein En Bruin Maak Dinge Moeilik
KBV’s word oor die algemeen as die mees uitdagende groep voëls om van mekaar te onderskei, beskou aangesien almal… wel… klein, bruin, vaal en erg soortgelyk in voorkoms is. Maar moenie jou brein (of is dit nou ‘bruin’) breek nie – ons is hier om jou
Avontuur Afrika3 min read
Goeters & geite
Dit klink baie romaties om in die reën te dans, maar dis nie altyd so lekker nie. Vra my… ek het al genoeg kere in my lewe natgereën om te weet waarvan ek praat! Daarom is ek mal oor die K-Way Backpack Rain Poncho. Gemaak van 100 persent 190T poliëst
Avontuur Afrika5 min read
In Die Nuus
Die eerste fase van ‘n projek om die toekoms van wilde aasvoëlbevolkings in Suider-Afrika te verseker, is suksesvol voltooi nadat 160 Krans-en Witrugaasvoëls by hul nuwe tuiste by Shamwari Privaat Wildreservaat gevestig is. Hierdie vorm deel van ‘n p