’N GROOT verantwoordelikheid rus op die bedryfskundiges by Graan SA. Namate voorligtingsdienste van die staat stelselmatig verminder, is produsente grootliks op bedryfsorganisasies en insetverskaffers aangewese vir advies en inligting. Tog meen Corné Louw, senior-ekonoom by Graan SA, dat hulle nooit ten volle die landbouvoorligters van ouds kan vervang wat daagliks op boere se plase gekom het nie.
“Veral die data wat ons moet verwerk