Druk op besproeiingsboere neem wêreldwyd toe te midde van ’n groter wordende waterskaarsste wat produktiwiteit betref. Beheerde tekortbesproeiing is ’n waterbestuurstegniek wat kan help om waterverbruik te verlaag, terwyl gewasproduktiwiteit gehandhaaf word. Dit behels die verlaging van die toedienings na onder die optimale vlak vir die gegewe gewas. Dit kan behaal word deur die frekwensie of die tyd wat besproei word, te beperk. Die boer hoef dus nie noodwendig sy besproeiingstelsel met ’n laer toedieningstempo te ontwerp of te verander nie.
Gesofistikeerde besproeiingstelsels, byvoorbeeld met verskillende spuite, spuitstukke (nozzles) of multilyndrup wat geruil of onafhanklik geaktiveer word, kan wel gebruik word om verskillende toedieningsvlakke te behaal.
Gewoonlik word dit slegs in ’n spesifieke stadium van die plant se ontwikkeling of in ’n spesifike stadium in die seisoen gedoen om die gewenste uitwerking te behaal. Tekortbesproeiing kan