Landbouweekblad

Smart-Dyson: Dié opleistelsel kan beter opbrengste verseker

Wingerd

Die Smart-Dyson-stelsel is een van verskeie opleistelsels wat hom leen tot ’n potensiële verbetering in produksie én gehalte. Dit verg egter meer werk, soos om lote te verwyder en te posisioneer, maar die koste wat in suiertyd of met blaarverwydering bespaar word, regverdig die bykomende aksies.

Dit is ’n opleistelsel wat baie goed op bestaande VLP-stelsels (vertikale lootposisioneringstelsels) kan werk en dis gewoonlik nie te ingewikkeld om oor te skakel nie. Aangesien dit ’n vertikale stelsel is, kan rywydtes nouer wees, wat beteken daar is meer kordonmeters per hektaar.

Die enigste ooglopende nadeel van die stelsel is dat algehele meganisasie daarvan tans nie moontlik is nie. Daarom moet jy hande-arbeid tot jou beskikking hê. Jy kan wel met sekere masjiene meganies oes.

Faktore om te oorweeg

Die kant waar die afwaartse posisionering van die prieel moet plaasvind, hang van verskeie faktore af, waarvan die belangrikste die heersende windrigting, helling en ryrigting is.

Die kordon moet liefs aan die kant van die sterkste heersende windrigting geposisioneer word om seker te maak dat dit nie tydens sterk winde van die pale loskom nie. Dit verseker ook dat die wind die vertikaal geposisioneerde lote regop teen die prieelstelsel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit