KELDERAFLOOPWATER kan gebruik word om wingerde in droëlandgebiede en tydens droogtes te besproei, maar produsente moet oordeelkundig wees en die klimaatstoestande en grondtipes in gedagte hou.
Uit ’n onlangse studie deur die Landbounavorsingsraad (LNR) by Infruitec-Nietvoorbij het dit geblyk dat onverdunde afloopwater in dele by dorpe soos die Paarl