Landbouweekblad

Vernuwing skiet diep wortel

KZN-jongboer

Dit verg spanwerk om ’n suksesvolle boerdery te bou, in stand te hou en te laat groei. Die BH Gevers-boerdery is wel op so ’n stewige fondasie gebou, en KwaZulu-Natal se Jongboer van die Jaar, Heiko Gevers, gee volle erkenning hieraan.

Die jongste presisiemetodes vir ingewikkelde bosbou, Brangus-tipe beeste wat nou ’n volwaardige vertakking is, en ’n klein graanvertakking help hom nie net om meer wins te maak nie, maar skep werksekerheid in ’n omgewing waar werkskepping aan die agterspeen suig.

Dié boerdery is in die laat 1800’s deur Duitse immigrante gestig en is geleidelik ontwikkel deur vyf geslagte van Geversboeregesinne, waarvan die jongste Heiko (28), sy vrou, Cian, en hul babadogtertjie, Hannah, is.

Saam met hulle op die hoofplaas, Eben-Ezer, woon Heiko se ouers, Karl en Gudrun, en sy broer, Landolf, en sy gesin. Heiko is plaasbestuurder, Karl is die direkteur en vervoerbestuurder, Gudrun hou die finansiële leisels vas, en Landolf is bestuurder van masjinerie en toerustinginstandhouding.

“Dit is ’n reusespanpoging. Almal, ook ons werkers, het ’n belangrike rol om te speel en lewer ’n bydrae.”

As deel van die Geverse se opvolgingsplan het Karl Heiko aanvanklik touwys gemaak oor die algemene bestuur, en hy het vaardighede geslyp, soos die bestuur van die arbeidsmag, werktuie en toerusting, en gewone beplanningstake. Terselfdertyd het Heiko sy eie idees ontwikkel om sy pa se praktyke aan te vul of te moderniseer waar nodig.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter