PEET BEZUIDENHOUT, ’n boer van Delmas, reken in sy gebied alleen is 2 700 ha hoogs vrugbare saaigrond reeds verlore aan sulke myne.
Teen ’n gemiddelde opbrengs van 7,2 t/ha vir mielies en nagenoeg 3 t/ha vir sojabone is dit ’n gevoelige slag vir die landbou.
Sy buurvrou Magda Kleyn sê die oostelike Hoëveld se bydrae tot graanproduksie is deurlopend en