Geldbeplanning
Die besluit om op ’n vrygewige familielid se grond te bou, gebeur gewoonlik sommer om ’n braaivleisvuur of oor ’n Sondagmiddagete waar al die kinders by pa en ma kom kuier. Vele gedagtes hang in die lug, soos: “Kom bou daar by ons ’n ou huisie, want die plaas is groot en daar is baie plek. En daar is volop melk, eiers, vleis en groente. Dit is net die Eskom-krag wat soms pla, maar daarvoor word ’n kragopwekker gebruik.”
Dit klink idilies, gasvry en wonderlik, want die grond is gewoonlik gratis of